Terug

Hoe om Aansoek te Doen vir 'n Stalletjie

1. Registreer as 'n verkoper met jou e-posadres.2. Bevestig jou e-posadres deur op die skakel in die e-pos te klik.3. Meld aan by jou rekening.4. Kies "Doen Aansoek".5. Vul jou winkelbesonderhede, datums, produkte of dienste en verkose stalletjie(s) in.6. Klik "Dien Aansoek In".7. Die markbestuur sal jou aansoek hersien. Jy sal 'n kennisgewing ontvang sodra die aansoek goedgekeur of afgekeur is.
Let wel: Jou stalletjie sal eers op die toepassing verskyn nadat jou aansoek deur die markbestuur goedgekeur is.


WHATSAPP: 084 919 1676
1. Stalletjie grootte: 4m x 4m per Saterdag2. INRY EN AFLAAI: Inry vir aflaai is 06:30–08:00. Voertuie mag slegs aflaai en moet dadelik weer uitry. Na 08:00 geen voertuie toegelaat nie, items moet self ingedra word.3. DAGSTALLETJIES: Geen voorafbesprekings. Stalletjies is beskikbaar, maar plekke wissel. Gebruik Hek 12, parkeer eers by markparking. Meld aan by die kantoor Saterdae vanaf 06:30 vir betaling en aanwysing.4. KANTOOR: Wendyhuis, Olienlaan (06:30–11:30). WhatsApp deur die week vir navrae.5. FOOIE (dagstalletjie):• Staaltafel (1.8m) beskikbaar teen R50 per tafel, beperkte voorraad, slegs op vooruitbespreking.• Oop ruimte 4m x 4m = R170. Bring eie tafels, stoele en gazebo.• Stalletjie met raamwerk = R270 per dag. Geen seile ingesluit.6. UITLEG EN ADVERTERING: Hou 1.2m weg van loopareas. Geen borde in loopbane nie. Verkope slegs vanuit 'n stalletjie.7. PERMANENTE STAL: Beskikbaar vir 'n jaar (Jan–Des) of halfjaar. Pro rata van toepassing indien later in die jaar.• Jaarfooi R2250• Ses maande R1350 (Jan–Junie / Julie–Des)• Geen struktuur ingesluit, eienaar verantwoordelik vir oprigting en onderhoud.8. KRAG: Geen elektrisiteit beskikbaar.9. GESONDHEIDSSERTIFIKAAT: Verpligend vir enige kos of drank. Sertifikaat moet spesifiek vir Langenhovenmark wees. Aansoekfooi R450.• Kontak: Celmarie Louw – 061 400 5335• E-pos: celmarie.louw@mangauing.co.za• Subject: LHP Mark/Market10. VERBODE ITEMS: Geen alkohol, vuurwerke of diere. Geen politieke, godsdienstige of ideologiese verkondiging.11. MARKTYE: 08:00 – 12:00. Kantoor open om 06:30 om 'n stal te bespreek.
ADDISIONELE MARKTE – 2026
• 24 SEPT – LENTEMARK• 10:00–18:00• Aansoeke open: 29 Augustus• 4 DES – KERSAANDMARK• 17:00 – laat• Aansoeke open: 31 Oktober